Danelle Mader

Hoërskool Bergvlam

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My rok is elegant en tydloos, met ‘n James Bond faktor, nie te veel maar nie te min. Elke detail na besorg, van vorm en snit tot kleur en blink, iets werklik besonders en oog-vangend. Swart sequence met ‘n pragtige taupe satyn basis, afgerond met ‘n silwer rand om die neklyn. Ontwerp deur Lynmarie Griffioen, is dit totaal en al uniek en iets wat my persoonlikheid perfek saamvat, dis ek in die vorm van ‘n rok.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoërskool Bergvlam

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek het nie inspirasie aanlyn gesoek nie om te virseker dat ek uniek lyk. Ek wou lyk asof ek reg uit ‘n James Bond fliek kom.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Ek het daarvan gehou dat my rok nie net swart was nie maar die unieke taupe satyn basis gehad het. Ek het nooit gehou van die idee van ‘n meermin snit nie maar is nou totaal verlief daarop!

Datum van matriekafskeid?

2024-09-19

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media