My droom matriekafskeidrok was 'n meesterstuk, ontwerp deur die bekende ontwerper Kobus Rautenbach. Hierdie treffende swart twee stuk het elegansie geskree. Die bo stuk was versier met groot “bold” sequins. Elk van hierdie sequins is met presisie deur Kobus geplaas en vasgewerk, wat elke beweging van my laat geskitter het. Agter het die bo stuk vasgemaak met ‘n sagte lang strik.
Die romp was niks minder as asemrowend nie. Dit was vol volume en dramaties. Die algehele ontwerp het perfek bymekaar gekom om tydlose skoonheid en moderne flair te skep. Hierdie skepping was nie net 'n rok nie, dit was ’n kunswerk wat beslis my persoonlikheid weerspieël het en my matriekafskeid ’n onvergeetlike ervaring gemaak het!
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Hoërskool Ferdinand Postma
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Die inspirasie agter my droom matriekafskeidrok was ‘n rok van die sangeres Leah, wie se styl altyd grasie, elegansie en 'n tikkie moderne glans gee. Net soos Leah boei met haar teenwoordigheid, wou ek hê die rok moet dieselfde weerspieël.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
Die beste deel van my rok was die versteekte sakke in die romp, wat beide funksionaliteit en 'n moderne kinkel by die elegante ontwerp gevoeg het. Boonop was ek mal oor hoe gemaklik ek die hele aand in die rok gevoel het wat my in staat gestel het om elke oomblik te geniet. Dit het werklik styl met gemak gekombineer, wat die aand nog meer spesiaal gemaak het.