Dané Thiart

Hoërskool Strand

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ek het gedroom daarvan dat my rok 'n 'statement' moet maak op die aand van die matriekafskeid. Ek wou graag 'n rok hê met oop rug en skouers, maar ander opsies met oop skouers het my skouers soveel breër laat vertoon. Hierdie rok met die vleiende oop rug en puntende oop skouers het 'n heeltemal ander effek as die gewone skouerlose rokke gehad.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoërskool Strand

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Soos elke meisie het ek al jare gedroom oor presies hoe die perfekte rok vir my matriekafskeid moes lyk, maar toe die tyd uiteindelik aanbreek was ek skielik oor niks meer seker nie. Ons het vroeg in my matriek-jaar al begin soek vir opsies, het 'n hele paar rokke aangepas en selfs 'n paar ontwerpers gaan sien, maar tog kon ek net nie besluit nie. Ons het Scarlett Fashion in Somerset-Wes besoek. Ek het 3 rokke van my keuse aangepas, maar was steeds nie seker nie. Die dame wat my gehelp het, het gevra of sy 'n keuse kan voorstel... en toe ek myself in die spieël sien was ek seker dat hierdie my perfekte rok was, al was dit glad nie wat ek voorheen ingedagte gehad het nie.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Die rok het my op my gemak laat voel ('n groot plus-punt op so 'n aand). My gunsteling deel van die rok was die vleiende oop rug, maar die bonus was definitief die versteekte sakke.

Datum van matriekafskeid?

2024-09-18

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media