Crizaan Thomas



Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Drome bly nie altyd drome nie
Elkeen van ons het 'n Lockdown 2020-storie. Sommiges daarvan is so lank en uitgerek, dit sal nooit uitgeleef kan word nie!
My storie vertel van uithou en aanhou: ek wíl, ek sál, ek kán! Dit kondig my eindeksamen aan, sluit my skoolloopbaan af en bring die realiteit en onseker opwinding van Universiteit tot reg voor ons deur!
My matriekafskeid … Om vir eeue (so het dit vir my gevoel!) van hierdie dag te droom, het my beide senuweeagtig én opgewonde gemaak.
In 2020 leer ek naaldwerk doen in my ouma Ding se werkkamer. So werk-werk word verhoudings gebou en versterk, aanmekaar gewerk, gelyk gestryk en elke aand netjies gebêre tot ons môreoggend weer die storie van voor af vat.
My droom van 'n laslappie-matriekafskeidrok word lappie vir lappie aanmekaar gewerk in die onsekerste tyd van ons land. Hierdie droom groei oor die maande en jaar wat volg, tot dit uiteindelik 'n werklikheid in Thomas Webb se ontwerpershande word in September 2022.