Cormarie Brink

HTS Drostdy

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Toe ek klein was, wou ek soos ń prinses gelyk het en deur die jare van groei wou ek ń aantreklike rok gehad het, een wat been wys. Met my soektog na die perfekte rok het dinge bietjie moeilik geraak, want alles is mooi, maar dis nog nie ék nie. Ek besluit toe om eers dit so bietjie uit te stel, tyd te gee tót ons in Pretoria gaan kuier het en die strate van die Jakaranda stad deurloop om te gaan soek vir ń rok. Na ń hele paar winkels en pop speel tussen aantrekhokkies en rye en rye rokke, kom ons by díe rok uit, die rok wat my jonge self se drome verby leef en my soos ń koningin laat voel het. Die persoon wat saam my en my rok soektog was, was my pa (my mentor) en sy woorde was "van prinses tot ń koningin met die wink van ń oog en jy is groot, dít is die een". My ma met trane in haar oë het my hart ń verligting gegee oor my keuse. Net daar was die besluit geneem.
Die koninklike assosiasie van koningsblou is betroubaarheid, gesag en Vertroue, kenmerke waarmee ek myself toerus in die lewe en die silwer bandjie om my middellyf verteenwoordig God se genade oor my lewe.
Jy sou dalk vra, waar is die kroon dan ek soos ñ koningin voel, my kroon dra ek in my hart.

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media