Corlia Pistorius

Hoërskool Fochville

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Soos elke meisie droom oor haar matriekafskeid dag,het ek al baie lank gewonder oor hoe èk graag wil lyk om myslef die beste uit te beeld op die spesiale dag.Na baie rokke se aanpas waar daar elke keer iets is wat net nie my naam skree nie ,het ek besluit om my eie ontwerp te laat maak.Ek het besluit op die kleur goud om my blas vel te beklemtoon en die rok as tweestuk te dra vir uniekheid.Die uitslae wat ek gekry het is presies wat ek wou gehad het, elegant en modern met so n klein druppeltjie "glitter" by wat pas by my sprankelende persoonlikheid.Maar die belangrikste van als is om vir ander meisies te inspireer om die rok mooi te laat lyk en nie anders om nie ...asook om hulleself te kan uitbeeld deur styl maar tog gemaklik ook te wees...

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoërskool Fochville

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Inspirasie speel natuurlik n belangrike rol in ons besluitneming.In my geval was "Blake Lively" se "Color-Changing" rok tydens die "Met Gala" van 2022 my inspirasie wat ek toevallig op my sosiale platform bekom het.Dit is juis hier waar ek besluit het om goud as kleur te gebruik en die satyn ,om mý vloeiend uit te beeld.Natuurlik het ek self ook veranderinge bygedra om die ontwerp presies te maak presies soos ek dit wou hê.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Meeste van die mense sal iets hê van hulle rok wat vir hulle die meeste uitstaan,maar vir my het my hèle rok sentimentele waarde,juis deur die rede dat my "super" ma my rok self moes maak ,waar ek self ook hier en daar moes help om n garingtjie te knip of te knoop.Wat n voorreg om deel te wees van die ontwerp en maak proses van my eie rok!Ek het werklik asemrowende herinneringe gemaak en sal beslis nie die oomblike vergeet nie.In diè rok ,van die bo-stuk met die pragtige blaarmotief borduursel, tot by die onderpunt van die romp wat aansluit by die bostuk, het ek soos n prinses gevoel.

Datum van matriekafskeid?

2024-09-19

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media