Corli Rossouw

Hoër Meisieskool Paarl

Tuisdorp

Paarl

Skool

Hoër Meisieskool Paarl

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Ek en my ma het saam my rok ontwerp, en sy het dit gemaak. Ons het ’n eenvoudige, moulose korset-rok gekies sodat die blomme die fokuspunt kon wees. My ma het elke blom met die hand vasgewerk nadat ons saam besluit het waar elkeen geplaas moet word. Ek het natuurlik gesorg dat ek haar werk nie te maklik maak nie – met ’n romp van sewe meter omtrek het dit heelwat tyd geneem om selfs net die soom klaar te kry!

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Ek wou nog altyd 'n rok met 'n wye romp na 'n dans toe dra. My grootste vereiste was dat die rok saam met my moet draai as ek dans. Ek het op 'Pinterest' gaan soek vir inspirasie, maar op die ou end het die rok heel anders as die inspirasieprentjie uitgedraai. Ons het van die begin af geweet ons gaan nie presies die prentjie kan maak nie, want dit is 'n baie spesifieke materiaal, maar ek dink die materiaal wat ons gekoop het pas perfek by my persoonlikheid. Ons het toevallig die laaste stukkie van die blommemateriaal in die winkel gekoop. Ek glo dit is presies hoe dit moes uitwerk.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

My matriekafskeidrok is vir my baie meer as net ’n kledingstuk – dit is ’n herinnering aan laat aande saam met my ma, gesels en lag terwyl ons probeer het om alles betyds klaar te kry. Dit is die grootste geskenk wat ek nog ooit ontvang het, want dit dra die liefde en moeite van iemand baie spesiaal in my lewe. Ek sal die rok nooit kan weggee of verkoop nie; dit is nou ’n kosbare, sentimentele herinnering wat ek altyd sal koester. Hopelik kan ek die rok weer eendag dra en terugdink aan een van die wonderlikste jare van my lewe.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

My hoogtepunt was beslis die oomblik toe ek my vriendinne die aand sien en ons almal mekaar se pragtige rokke bewonder. Ek was ongelooflik trots om my rok te dra, en dit was so mooi om te sien hoe elke vriendin se rok haar unieke persoonlikheid weerspieël.

Planne vir na matriek

Volgende jaar gaan ek in Switserland werk as ’n au pair vir ’n gesin met twee dogtertjies. Daarna beplan ek om terug te kom en Aktuariële Wetenskap aan die Universiteit Stellenbosch te studeer.

Gunsteling woord in Afrikaans

flambojant

Datum van matriekafskeid

2025-09-26

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media