Colby Cornelissen
Hoërskool Swartland
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Ek wou nog altyd 'n bal rok dra en met die inspirasie van Aspoestering was dit ideaal vir die rok keuse. Dit moes baie materiaal vat om dit groter te laat lyk, maar nie die groot bal vorm wat dit sou ongemaklik maak om rond te beweeg of loop nie. My ontwerper het presies verstaan wat ek wou hê en was die proses baie maklik. Ek wou die groot moue by hê en het daarom besluit om dit lang moue te maak. Om dit bietjie meer elegant te maak het ons besluit om 'n slit by te sit, om bietjie been te wys. Die rok het perfek uitgekom.
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Ja
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
My gunsteling kleur is blou. Van kleins af was my gunsteling prinses Aspoestertjie. Met die soektog vir wat ek graag wou hê, het ek na verskillende style en kleure van blou gekyk. Ek het op hierdie spesifieke prentjie afgekom en dadelik geweet dit is die een. Die moue en die kleur het my laat dink aan Aspoestertjie se rok by die bal, waar sy haar skoen verloor het.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
Dit was my droom rok. Die moue was 'n gunsteling omdat dit afgehaal kon word. Die rok kon op verskillende maniere gedra word.
Datum van matriekafskeid?
2024-09-19