Ek het inspirasie gekry van die Middeleeuse tydperk vir die ontwerp van my rok.
Voor is die rok kort en lank agter. Bo-oor is vier lae materiaal wat tot die grond hang.Die eerste een is pers/blou, gevolg deur donker blou met fyn sequins. Dan ligblou en die boonste een is donker blou met groot sequins. Hulle is voor opgesny om oop te maak soos ek beweeg. Die moue is langer as die rok en is lig blou met sequin werk daarop.
Agter word die rok met die selfde tou as voor ingeruig.
My juwele is 'n mengsel van rooi-goud en silver. My armband is 'n rooi-goud en 'n silver armband wat ek aanmekaar gevleg het.
My skoene was ook rooi-goud en my hare ook in 'n Middeleeuse tydperk styl gevleg.
Skool se matriekafskeid bygewoon?
HOER VOLKSKOOL HEIDELBERG
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
My inspirasie het van my ouers gekom. Hulle het gese ek moet altyd getrou aan myself wees. Hierdie Middeleeuse tema het perfek by my gepas omdat dit my lyf gekomplimenteer het en my vroulik, anders en beeldskoon laat voel het.
Ek en my Ma het saam die rok ontwerp en laat maak. Dit was vir ons altwee 'n voorreg om so iets te kon doen!
En soos die Middeleeuse periode die Renaissance of "rebirth" ingelei het, lei ons skool loopbaan, van 12 jaar, ons in 'n nuwe opwindende periode in!
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
Om eerlik te wees alles! Maar ek moet erken dat die kante van my rok my gunsteling deel was, met die voor-en-agterkant van die bo-stuk kort op die se hakke.