Clarissa Groenewald
Hoërskool Strand
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Die rok het 'n unieke kleur wat verskillende kleure reflekteer afhangend van die lig en omgewing, wat wissel van diep blou tot 'n warm turkoois. Die rok bestaan uit vier komponente, naamlik 'n korset, chiffon aanglip pofmoue, satyn sjoe-broekie en 'n volsirkel romp van Armani satyn. Dit maak dat die rok baie veelsydig is, want ek kan die verskillende dele afsonderlik of gesamentlik weer by toekomstige geleenthede aantrek.
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Hoërskool Strand
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
My matriekafskeid was die eerste formele funksie wat ek bygewoon het en ek wou graag 'n spesiale rok hê wat my liggaamsvorm, gelaatstrekke en persoonlikheid komplimenteer. Ons het 'n soortgelyke rok op 'n bekende mode-ontwerper se Instagramblad gesien en ek het dadelik baie daarvan gehou. Dit is 'n rok wat jy nie in 'n winkel te koop sal kry nie en dus by 'n ontwerper/rokmaker gemaak moet word, wat beteken die ontwerp kan verpersoonlik word om my eie styl te weerspieël. Die ontwerp is baie veelsydig en verskeie fasette word daarin vasgevang- dit is stylvol, romanties, vroulik & sexy. Op die dag van my matriekafskeid, toe die volledige prentjie van hare, rok en grimering bymekaar kom, het dit ons grootste verwagtinge oortref! Dit was alles waarvan ek kon droom en meer!
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
Dis bykans onmoontlik om slegs een gunsteling deel te kies, maar as ek werklik moet kies, sal ek sê die korset. Omdat dit die deel van die rok is wat die naaste aan my gesig was, en dit klein kraletjies in verskillende skakerings van blou bevat, het dit my blou oë besonder komplimenteer en die kleur daarvan nog meer beklemtoon/uitgebring.
Datum van matriekafskeid?
2024-09-18