Christine Kriel

Hoerskool Centurion

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My matriekafskeidrok is babablou met blompatroontjies van kant wat van bo na onder op die rok verskyn . Dit is noupassend en gaan effens wyer en sag af ondertoe. Die rok het ook 'n sleep, wat aan en af gehaak kan word, wat dit nog meer ellegant laat lyk as 'n mens daarin loop. Ek beskou myself as iemand wat verskeie talente het as dit kom by aspekte soos toneelspel, sing, hard werk en presteer, praat voor mense en om net stukkies vreugde te kan deel oral waar ek gaan en as gevolg van die verskeie talente waaruit ek nooit kan kies waaraan ek my aandag wil spandeer nie, pas dit vir my by die tipe rok, juis omdat ek nie uit al die opsies wat daar was kon kies nie. Die rok was nie net 'n wye Cinderella pofrok nie en ook nie net 'n noupassende of vloeiende Charlize Theron rok nie, maar dit het iets van alles gehad in so manier dat ek nie nodig gehad het om te kies nie; 'n verskeidenheid lae materiaal op mekaar wat jou figuur mooi afrond met die sagte netsleep wat die hele rok bietjie vorm gee. Die blompatroontjies van kant is die ietsie ekstra wat die rok volmaak laat, net soos die sprankelende ietsie in my persoonlikheid waarvoor die meerderheid mense my ken. Die ligte babablou kleur herinner my weer aan die oop blou lug op 'n sonnige dag self, waar die son sy strale oor die wereld kan skyn, net soos wat ek self my liggie in ander se lewens probeer skyn. Ons het die rok by House of Superior Clothing gekoop en ek hoop wel my trourok is eendag mooier, anders dra ek sommer weer my matriekafskeidrok, so mal is ek daaroor!

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media