Chrisnie du Preez
Hoërskool Fichardtpark
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Ek wou graag 'n rok gehad het wat vroulikheid vier met oop skouers en bietjie van 'n oop rug.
Ek hou baie van die 18de eeu se styl. Ek is van opinie dat die vrouens van daardie era baie mooi vroulik, stylvol en klassiek lyk. Die sagte lap wat ek gebruik het, het my gelaat gekomplimenteer en 'n fyn en elegante voorkoms geskep.
Skool se matriekafskeid bygewoon?
20 September 2024 Hoërskool Fichardtpark
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Audrey Hepburn se woorde "The beauty of a woman must be seen from in her eyes because that is the doorway to her heart, the place where love resides." het as my inspirasie gedien.
Die reeks "Bridgerton" se rokke het my ook inspireer. Ek wou graag dieselfde effek hê as die vrouens op die reeks met "boning" wat die figuur mooi komplimenteer op die regte plekke.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
My rok as 'n geheel hou ek baie van, maar as ek regtig móét kies, is dit hoe ek gevoel het in my rok. Ek was vol selfvertroue en nie eers die donkerwolke & reën of ysreën kon dit van my ontneem nie.
Die "boning", sleep en die slit was van my gunsteling elemente van my rok.
Datum van matriekafskeid?
2024-09-20