Chrisna Kruger
Hoërskool Duineveld.
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Ek wou aanvanklik ń lig pers en turquoise rok gehad het met dieselfde snit. Maar ek het gesukkel om die perfekte lap te kry wat uitstaan en uniek is. Ek en die tannie wat my rok gemaak het (Carina Van Zyl) het lank gesoek na lap vir die rok wat ek wou hê, maar ek kon nie besluit op die lap nie. Totdat tannie Carina vir my ń foto gestuur het van die lap wat ons op my bo-stuk gebruik het en ons het toe besluit om dit te gebruik. Ek het al van laerskool af geweet hoe ek die rok se snit wil hê en dit mooi deurdink sodat dit mooi en gemaklik sal wees vir my.
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Ek het ja, op 9 April 2024 by Hoërskool Duineveld.
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Ek wou graag ń rok gehad het wat niemand anders al ooit gehad het nie en anders is as almal sin. Soos ń tannie wat ek ken altyd gesê het “hoekom wil jy inblend as jy kan uitstaan?” Ek het my gunsteling kleur gekies vir die rok omdat ek voel dit my persoonlikheid weerspiëel en ń snit gekies wat vir my mooi is maar my ook gemaklik laat voel.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
Die boonste deel van my rok want dit is ń unieke materiaal wat ek nog nooit by iemand anders gesien het nie. Die rok was ook baie gemalik en ek kon vrylik beweeg in die rok.
Datum van matriekafskeid?
2024-04-09