Chris-Mari Louw

Hoerskool Witteberg

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My rok was 'n tipe A-lyn balrok gewees. Dit het verskillend lae aan die onderkant gehad. Die heel onderste laag was 'n glitter materiaal met blomme op wat deurgeskyn het as mens beweeg het. Die bokant van die rok het 'n sweet heart neckline gehad, met dun strappies. Die bokant was 'n tipe korset met effense deursigtige kant.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoerskool Witteberg

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek wou soos die mooiste weergawe van myself gevoel het, en die oomblik toe ek die rok aangepas het, het dit so gevoel. Toe ek jonger was, was Cinderella my gunsteling Disney Prinses gewees, en hierdie rok het my die geleentheid gegee om my eie Cinderella oomblik te he.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My gunsteling deel van die rok was al die fyn details en natuurlik die glitter. Ek het gehou van die onderste blomme laag wat deurgeskyn het, want dit het die rok uniek gemaak! En natuurlik die korset met die pragtige kant details.

Datum van matriekafskeid?

2024-09-20

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media