Chris-Mari Barnard
Oranje meisieskool
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Ek het al in graad 8 besluit dat hierdie my rok gaan wees. Ek wou n sprokies rok gehad het wat niemand van my sou verwag nie. Ek het baie my verbeelding gebruik met die ontwerp van my rok en elke liewe detail wat ek op hom wou gehad het. My rok was n unieke kleur wat uit gestaan het !
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Oranje meisieskool
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
My skool en my persoonlikheid was my grootste inspirasie! My idee was om my laaste jaar af te sluit in n pampoen kleur rok net soos die een wat ek al vir die afgelope 12 jaar gedra het, my skool was n baie spesiale deel van my lewe en ek wou dit uitbeeld in my rok. Ek wou ook my sprankelende “funky”persoonlikheid uitbeeld met die ontwerp van my rok en ek wou anders wees.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
My gunsteling deel van my rok was die kleur skema en die kant detail wat my liggaam perfek gekomplimenteer het. My rok was gemaklik en ek kon my aand geniet in die ligte materiaal wat goed gevloei het toe ek dans.
Datum van matriekafskeid?
2024-09-19