Chloe Kritzinger

Hoërskool Montana

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ek het van ń jong ouderdom af geweet dat ek eendag soos n prinses wou lyk op my matriekafskied. Wilma du Plessis is die enigste Ontwerper wat my visie ń werklikheid kon maak. Sy is finominaal, ek vertrou haar werk omdat sy al in die verlede baie rokke vir my gemaak het in die tydperk wat ek model werk gedoen het. Sy het baie hard gewerk en baie tyd geïnvesteer aan my droom rok. My rok was elegant, stylvol en baie gemaklik. Dit het ń vroulike silhoeët geskep, perfek vir ń meisie wat klaar maak met matriek. Die rok is pasgemaak vir my en dit het soos ń handskoen gepas. Dit maak my gelukkig om te weet dat ander meisies ook die geleentheid kan kry om dié pragtige rok aan te trek. Wilma het 36m van verskeie lap gebruik, ongeveer 300 blomme wat sy met die hand opgewerk het asook pêrels en kraletjies.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Die ontwerper Paolo Sebastian se werk het my oog gevang toe ek begin soek na matriekafskied rokke. Wilma du Plessis kon sy werk en my visie as ń basis gebruik om hierdie pragtige rok te skep.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Die lang gedetailleerde sleep agter die rok. Ligte pers is my gunsteling kleur en laastens die uniekheid van my rok.

Datum van matriekafskeid?

2024-10-05

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media