Chizel Geldenhuys

Merensky Landbou Akademie

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My rok is helder geel, ek assosieër my rok met n sonneblom. Ek het nooit gedink ek sal so helder kleur kies nie, maar ek het n hele paar rokke aangepas en die oomblik toe ek die helder geel aantrek het ek dadelik geweet dit is my rok.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

ek het merensky landbou akademie se matriek afskeid bygewoon

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek wou graag anders lyk, ek wou stylvol wees maar ook my borrelende/vrolike persoonlikheid beklemtoon. Daarom het ek ook gekies om blou bykomstighede saam my geel rok te dra.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Die uniekheid van my rok se kleur was vir my baie spesiaal gewees en die corset se “detail” het dadelik my aandag gevang ! Dit pas definitief by my persoonlikheid en som my as mens goed op. Die feit dat hy formeel is maar nogsteeds my vrolike persoonlikheid beklemtoon, die fyn detail op die corset en verseker die versteekte sakke in my romp.

Datum van matriekafskeid?

2024-09-19

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media