Chiné van Wyk

Hoërskool Lichtenburg

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My rok is 'n mooi sagte blou wat ek spesifiek uitgekies het en 'n beige kleur wat pas by my vel om die illusies te skep dat jy net die blou sou sien en dit deursigbaar lyk asof my lyf en die rok een raak. Daar is ook pienk blomme borduurwerk op die rok wat langs die kant af beweeg asof dit besig is om te groei en rank om my.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoërskool Lichtenburg

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

My insperasie kom oorsponklik van Papilio Fashion se "ALLURE COCKTAIL DRESSES COLLECTION" ek het die prentjie gesien en besluit of dit my eie te maak deur n paar veranderinge aan te bring. Ek is n platteland meisie in my hart wat nog altyd lief is vir perde en ek wou iets eenvoudig hê wat my nogsteeds sou laat uitstaan en wat sal inpas by my idee om cowgirl boots te dra en met n perd te gaan.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Die blommetjies op die rok en hoe die rok my laat voel het asof ek in 'n plateland sprokie is.

Datum van matriekafskeid?

2024-09-30

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media