Cheryl-Lee Van den Heever

Hoërskool Noordheuwel

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My Matriekafskeid rok was 'n unieke weerspieëling van my persoonlikheid en styl. Die ontwerp het n kombinasie van elegansie en moderniteit gehad, met 'n sagte blou kleur wat my oë beklemtoon het. Die rok was versier met handgemaakte kant en glinsterende details, wat 'n ekstra vonk aan die hele voorkoms gegee het. Wat dit regtig spesiaal gemaak het was die feit dat ek dit self saam met die perfekte vrou Natasha Gouws van VNG Designs my rok beplan en ontwerp het, hierdie ervaring het dit nog meer betekenisvol gemaak met n paar elegante hakke en armband was ek gemaklik en het die aand vreeslik geniet.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

My kleur van my rok was "Dove Grey" die rok was soos n duif 'n duif wat neutraliteit , kalmte en sagtheid verteenwoordig. Die rok was nie net 'n kledingstuk vir 'n aand nie maar wat eerder vir my 'n simbool van die einde van 'n hoofstuk en begin van 'n nuwe avontuur gesimboliseer.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Die boonste en agterste deel van my rok was my gunsteling wat deur die ontwerper se vrye hand gewerk was, ek weet hoeveel moeite en harde werk dit was om die glinsterende details aan te werk sodat ek die spesiale aand kon glinster saam met die mooi grimering van "Houlson Beauty" het hulle my voorwaar soos n prinses laat voel.

Datum van matriekafskeid?

2024-09-20

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media