Chelsea Oosthuizen
Hoërskool Parys
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Ek was nog nooit iemand vir tierlantyntjies nie. Vir my is minder, mooier.
Toe ek my rok aanpas, het ek geweet geen ander rok gaan my beter beskryf nie. My rok is 'n bekoorlike kleur van pienk en pers met 'n oop rug en blinkers.
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Hoërskool Parys
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
My
My inspirasie was net eenvoudig om myself te weerspieël. Ek hou van natuurlike kleure, niks te oorbodig of WOW nie, en ek het soos 'n prinses gevoel, al was die weer soos 'n monster. Ek het idees op Pinterest gesoek, en al my idees het op dieselfde styl neergekom, eenvoudig, pienk met 'n bietjie "bling".
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
My gunsteling deel van my rok was die fyn blinkers, oop rug en die sagte net wat "net genoeg" wys. Hoe die kleur verander het wanneer ek draai, was 'n bonus.
Ek wens vir elke meisie in matriek dieselfde gevoel toe, solank jy mooi voel, gaan almal dieselfde glo.
Datum van matriekafskeid?
2024-09-20