Chélin Adams
Hoër Meisieskool Paarl
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
My rok is gemaak uit dig geborduurde swart tulle met goue blaar motief blinkertjies. My ontwerper, Sharlene Haai, is al jare ons familie ontwerper en wel bekend in die Wynland distrik. Sy het meer as 20 jaar gelede my ma se matriekafskeidrok ook gemaak. Sy het presies geweet wat by my persoonlikheid sou pas. Haar voorstel was 'n halternek, prinses-styl rok met ingeboude korset en 'n hardvormige halslyn wat my figuur mooi komplimenteer. Ek kon nie meer soos 'n prinses voel nie.
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Hoër Meisieskool Paarl
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
My oorspronklike keuse was 'n bottelgroen rok met "beaded" paillette. Ons was deur die hele Kaap opsoek na iets wat naastenby soos die krale lyk maar te vergeefs. By ons heel laaste stop, in die hartjie van die Kaap, toe die gemoedere al laag was, staan 'n pop in die venster gedrapeer in die swart tulle met goue paillette materiaal. In die ingewing van die oomblik het ons almal geweet dit is dié rok. Dit het my wildste drome oortref. Die materiaal alleenlik het geskree, TYDLOOS ELEGANSIE.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
My rok in geheel was perfek. Ek kon nie meer gemakliker en elegant voel nie. Maar ek moet sê my gunsteling deel van my rok was die misterieuse kleur verandering van die goue blinkertjies. As die lig op 'n sekere manier op my rok val, het die blinkertjies gedans van verskeie kleure. Dit het my persoonlikheid perfek uitgebeeld. Stil en grasieus maar altyd reg vir 'n bietjie pret.
Datum van matriekafskeid?
2024-09-18