Charné van Staden
Paarl Girls High
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Ek was in graad 11 opsoek na n rok vir ons skool se Winter bal toe ek op hierdie rok afkom. Oorspronklik wou ek ‘n rok laat maak vir my matriek afskeid maar, toe ek hierdie rok vind wou ek geen ander rok gedra het nie. Op die ou end koop ons toe die rok. ‘n Hele jaar voor die matriek afskeid. Ek het toe ‘n paar verstellings laat maak voor die groot aand.
Toe die verstellings gemaak word was my fokus natuurlik dat die rok mooi sit aan my, maar ook om seker te maak ek is gemaklik die aand van die dans. Met ‘n swaar hart is die trein afgesny en daarna skouer bandjies bygesit wat ek maklik binne die rok kon wegsteek en dan kon aanglip as dit tyd was om te dans. My matriek afskeid was baie lekker, te danke aan die feit dat ek gemaklik was en gevoel het soos myself.
Ek glo daarin om groot te gaan met ‘n matriek afskeid rok, want mens kry net twee kanse om regtig mal te gaan met jou rok - jou matriek afskeid en jou troue. So, my raad aan elke meisie wat nog hulle matriek afskeid beplan is: dra ‘n groot rok, dra ‘n blink rok, dra ‘n neon rok as jy wil maar, dra ‘n rok wat jou maak voel soos jouself. Want op die einde van die dag is dit jou matriek afskeid en die aand is net soveel lekkerder as jy mooi, gemaklik en soos jouself voel.
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Ja
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Die inspirasie het gekom die dag toe ek die eerste keer die rok aangepas het. Dit het net so mooi gepas by my en regtigwaar ook by my persoonlikheid. Wat my verlief laat raak het op die rok, was hoe dit my maak voel het. Ek het op die aand so mooi gevoel terwyl ek steeds myself kon wees.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
My gunsteling deel van my matriek afskeid rok was hoe dit beweeg het. Ek het so elegant gevoel. Spesiaal wanneer die lap saam my geswaai het op die dans vloer. Ek is ook mal oor die patrone op die rok. Dit laat die 5-jarige in my voel soos ‘n prinses.
Datum van matriekafskeid?
2006-02-08