Charne Janse van Rensburg

Solidify Home Academy

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ek het van die diep bosgroen kleur gehou aangesien dit opvallend en elegant is. Die blink aksente op die bolyf voeg vir my 'n tikkie "glamour" by, terwyl die hoë spleet en oop rug n moderne en gewaagde voorkoms gee. Die balans tussen klassiek en modern is iets wat ek van hou.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Jim Fouche

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

My inspirasie was om iets te dra wat beide elegant en tydloos was. Die diep groen kleur komplimenteer my oë en velkleur en bring n rustigheid oor my. Ek het die vloeiende matetiaal gekies om 'n sagte en romantiese voorkoms te skep terwyl die glinster detail bo aan n bietjie "glam" byvoeg sonder om oorweldigend te wees.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Defnitief die keer wat ek my finale pas gaan doen het. Dit was presies soos die prentjie wat ek in my kop gehad het.

Datum van matriekafskeid?

2024-09-27

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media