Ek wou graag hê my rok moet by my persoonlikheid pas. Ek het verskilende ontwerpe gehad vir rokke, maar het geweet ek kon net een kies. Ek het toe gedeeltes uit die verskillende rokke geneem en een ontwerp wat 'n kombinasie was van die verskillende rokke. My keuse van styl het my baie gemaklik laat voel. My rok is 'n "off the shoulder" ontwerp, met 'n "criss-cross' rug. My romp gedeelte was vloeiend met 'n sleep wat ek kon optel terwyl ek gedans het. Ek het die kleur roosgoud gekies omdat ek voel dit is 'n unieke kleur. Die materiaal wat ek gekies het, was presies wat ek wou gehad het. Dit glinster in die sonlig.
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Union High
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
My inspirasie vir my matriekafskeid rok was om elegant te lyk, maar op dieselfde tyd, wou ek seker maak my rok pas by my persoonlikheid. Baie rokke wat "off the shoulder" is, het nie 'n "criss-cross" rug nie. En die ontwerp het dit vir my moontlik gemaak om die twee eienskappe te kombineer in my rok.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
My gunstelling deel van my matriekafskeidrok was my sleep. Ek kon my sleep op my rok hak of ek kon dit op my vinger hak. Die twee verskillende maniere van my sleep optel, het my rok gekomplimenteer.