Charlize Visser
Sekondêre Meisieskool Oranje



Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Die rok is deur Orijinel ontwerp & gemaak. Dis geinspireer deur ‘n rok wat Casper Bosman gemaak het. Ek wou hê die rok moes my lawwe, spontane & helder persoonlikheid weerspieël. Die groen kleure het vir my uitgestaan in die lap winkel, want ek het toe besef hoe mooi al die verskillende skakerings ‘n eenheid kan vorm. Die rok het soveel beter uitgekom as wat ek verwag het & ek het op my beste gevoel. Die rok is iets wat ek altyd as oorspronklik sal beskou want dit het uitgestaan bo die res. As ek oor 10 jaar gaan terug kyk op my foto’s gaan ek nogsteeds gelukkig wees want dis iets wat vir MY mooi was & nie om in te pas by die mode nie.