Charissa Julie

Hoërskool Vredendal

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My rok is ‘n sagte silver, wat bietjie uniek is, omdat die kleur so min vir matriekafskeidsrokke gebruik word. Ek sien dit as modern, maar ook elegant en ‘classy’. My rok het baie detail en kristale wat dit daardie ‘Hollywood look’ gee. Toe ek die rok op sosiale media sien, het ek onmiddelik verlief geraak op die ontwerp, maar ek wou dit ook my eie maak deur paar veranderings toe te pas. My doelwit met die rok was om uit te staan.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

My inspirasie was my ouers. Ek het die taak alleen aangepak en wou hulle verras. Ek wou hê my rok moet pas by my persoonlikheid en wys dat ek volwasse genoeg is om self sulke besluite te neem. Die rok moes wys watter tipe persoon ek is, en met dit bygesê wou ek ook anders wees, bietjie uitstaan. Ek het van Gr. 10 af geweet ek wil gaan vir ‘n ‘classy princess look’.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Definitief die detail daarvan, asook die vloei van my rok se stert. Die kristale het dit ook sy final touch gegee, waarop jou oë onmiddelik val.

Datum van matriekafskeid?

2024-10-04

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media