Charis Williams

Hoerskool Strand

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Die rooi verwys na my selfvertoue, my passie en krag, dit beeld my uit as n sterk en selfversekerde persoon. Hierdie keuse van rooi het n Manier gevind om my inner like vuur, my persoonlikheid, my liefde en gereedheid om die wêreld aan te pak. Die slit in my rok simboliseer my gevoel van vryheid en onafhanklikheid, Dat ek gereed is om die lewe te omhels, vol energies en opgewondheid. Dit wys dat ek gemaklik voel in my eie vel en bereid is om n stap vorentoe te neem, selfs al is dit n bietjie gewaagd. Die silwer gems wat in n hartvorm op die borsstuk van my rok geplaas is, dra die kefde van my Ouma oor. Hierdie ontwerpkeuse is nie net oor mode nie, maar oor Wie ek is op hierdie oomblik van my lewe. Dit is n simboliese uitdrukking van my reis tot dusver en my hoop vir die toekoms.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoerskool Strand

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Dit was my begeerte on iets te dra wat my inner like krag, passie en emosionele reis te verteenwoordig. My Ouma is een van my groot ste inspirasies, want sy het n belangrike rol in my lewe gespeel. Sy is oorlede tydens Covid-19 en die silwer gems wat gevorm is In n hart op my borsstuk verteenwoordig haar liefde vir my en haar familie. Hierdie rok is n herinnering van haar, om haar nooit te vergeet nie en hierdie rok simboliseer haar as n liefdevolle mens met n groot hart.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Die manier hoe my rok in die koue en wind gewaai het, ek het soos n prinses gevoel veral met die lengte van die rok. Die slit het my laat dat ek vry en onafhanklik is en ek is besig om 'n grootmens te word en die grootmens wêreld binnekort gaan intree.

Datum van matriekafskeid?

2024-09-18

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media