Chanté Werner

Hoërskool Oosterlig

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My rok is ‘n pers-blou kleur. Dit is ‘n sprokiesagtige ontwerp. My keuse vir die ontwerp was om die beeld van ‘n prinses te skep. Ek het ‘n unike styl gekies om my liggaamsbou te komplimenteer, aangesien my klein lyfie nie veel kurwes het nie.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoërskool Oosterlig

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

My inspirasie vir my rok was om ‘n sprokies verhaal te skep. ‘n Hoof karakter, ‘n prinses, my eie storie. Ek het besluit om my droom deur my rok te bewaarheid en het soos ‘n regte prinses gevoel wat die wêreld aan haar voete gehad het.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Dit moet tussen my moue en die pof van my rok wees. Die blink op my korset is ook prentjie mooi. Die pof van my moue is sag maar lok aandag en die feit dat dit af gehaal kon word was nog beter, die pof van my rok gee ‘n dramatiese effek en die blink bring alles net mooi bymekaar.

Datum van matriekafskeid?

2024-09-20

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media