Chanté-Lee Jacobs

Hoërskool DF Malan

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ek het iets besonders en uniek gesoek, 'n rok wat 'n storie kan vertel van wie ek as persoon is, met al my idees en 'n foto van die styl het ek na tannie Belinda van "Bespoke by Belinda" gegaan en als met haar gedeel, sy het saam my hierdie pad gestap vanaf die aankoop van die matriaal tot by die laaste pas was sy aan my sy en het sy als "spot on" gekry.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoërskool DF Malan

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

As 'n junior op hoërskool, droom jy elke jaar oor hoe jou rok gaan lyk. Ek het in my G.10 jaar op 'n prentjie van die styl afgekom en besluit dat die een beslis top 5 van my keuses is en hoe nader ek aan my matriek jaar gekom het, het die keuse van top 5 na nommer een verander, my gunsteling blom is 'n sonneblom en geel straal vir my net vrolikheid uit.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My gunsteling deel van my rok is dat dit 'n 2 in 1 rok is, die "tulle" gedeelte knip los en kon ek met gemak dans.

Datum van matriekafskeid?

2024-09-19

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media