Chanté Labuschagne
Hoërskool Stoffberg
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
My rok was ontwerp deur Lizan Zondagh Couture. Van die eerste skets tot die eindresultaat was ‘n opwindende en onvergeetlike reis saam met Lizan en sy het presies geweet wat ek wou hê. Ek het van die begin af geweet ek wou ‘n buitengewone, unieke en treffende kleur rok hê en daarom het ek besluit op die skakering van koraal. Die vollengte rok en halter nek halslyn met Swarovski kristalle het gesorg vir daardie tikkie sjiek. Die sagte, vloeiende materiaal het die onderste deel van my rok 'n elegante en stylvolle voorkoms gegee.
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Hoërskool Stoffberg
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Ek wou hê my rok moes ‘n weerspieëling wees van my eie unieke “flair”. Marciel Hopkins het al verskeie uitrustings gedra met ‘n halter nek halslyn en dit het nog altyd ‘n indruk op my gemaak omdat dit klem lê op die skouers wat sinoniem is met grasieuse, verfynde skoonheid en daarom het ek die spesifieke halslyn gekies. Die koraal kleur is ‘n warm, inspirerende en energieke kleur en het beslis die styl van my rok beklemtoon.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
Sonder twyfel die kleur van my rok en die unieke halslyn.
Datum van matriekafskeid?
2024-10-11