Chante Joubert

Crawford International Ruimsig

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My rok is n diep groen met blomme en blare wat saam met die rok af vloei en my figuur beklemtoon. Ek en my ontwerper (Carike Nel) wou ook haar kenmerkende ontwerp komponent van die unieke frille in die rok inbring om my babbelende persoonlikheid te simboliseer. Die kleur keuse was tussen blou en groen en ek het dadelik verlief geraak op die diep groen materiaal in die winkel. Ek wou nog altyd n rok gehad het met natuur elemente en was van kleins af mal oor die '3-D blare'! Carike het my gehelp met die ontwerping van die korset. Ek het vir haar gese ons moet iets doen wat uit my 'çomfort zone'is maar wat nogsteeds my laat pragtig voel.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek is n nationale swemmer. Ek wou graag die vloei element van die water in my rok inbring. Ek en Carike het dit ingebring deur die vloeinde blomme en blare. Die rok moes ook elegant wees om my persoonlikheid te wys en ons het gedink n lang sleep sal mense se aandag trek as ek in loop, maar my ook soos n prinses laat voel. Ek wou ook nie die populere kleure vir my rok gebruik het nie, of die 'colour of the year' nie. Ek wou n kleur kies wat uniek is, maar ook my oe se kleure uitbring. Diep groen het die ding gedoen ;)

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My gunsteling deel van my rok is moeilik om te kies! Die blomme? Die kleur? Die sleep? Die hele rok? As ek nou moet kies, sal ek die blomme kies. Nie net is dit elegant en mooi nie, maar dit is simbolies van my lewe en persoonlikheid.

Datum van matriekafskeid?

2024-09-26

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media