Chanri van Niekerk

Hoërskool Randburg

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ek het 'n klassieke persoonlikheid en hou van 'n elegante tydlose styl. Ek droom al jare lank oor my rok. Ek glo 'n rok kies jou. Dit was vir my belangrik om 'n balans tussen modern en tydloos met my rok te hê. Ek glo die rok het by my persoonlikheid gepas en my natuurlike skoonheid beklemtoon.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoërskool Randburg

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek het altyd geweet ek wil my rok definitief meer as een keer kan gebruik en het ure op Instagram spandeer om rokke te kyk. Ek het dele van verskillende rokke gevat en bymekaar gesit om my rok te maak.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Ek is MAL oor my hele rok! Die krale werk op my bodysuit is vir my elegant maar tog sexy ook. Die feit dat my rok uit n bodysuit en romp bestaan gee my soveel opsies om verskillende uitrustings in die toekoms te kan maak met verskillende toppies saam met my romp of 'n ander onderkant saam met my bodysuit. My matriekafskeidrok was regtig my droom rok.

Datum van matriekafskeid?

2024-09-21

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media