Chanelle van der Loo

Hoërskool Randburg

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ek wou 'n rok gehad het wat ek weer kon dra en wat vir die mense kon wys wie ek werklik is. Stil maar tog vol selfvertroue. My rok is gemaak van die mooiste Smaraggroen materiaal en kant borduursel op die bostuk sowel as vir die bandjies op my rug en middel. Ek wou iets gehad het wat uitstaan en 'n standpunt maak. Dit is in 'n klassieke regafstyl gesny met 'n lang spleet. Dit het my die selfvertroue gegee om dit met grasie en styl te dra. Dit is 'n klassieke rok wat ek weer kan dra na enige funksie wat dit vereis.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoërskool Randburg

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek het begin by die klassieke balrok, wat elke meisie van droom. Ongelukkig was so 'n rok my nie beskore nie en was ek teleurgesteld totdat my tannie met hierdie rok te voorskyn gekom het. Groot was my verbasing toe ek dit aanpas en dit my soos 'n handskoen gepas het en was ek baie opgewonde. Ek het gevoel asof daardie rok spesiaal vir my gemaak is en dat ek hom daardie dag moes aanpas en koop. Dit wys jou nou net inspirasie kom in alle vorms en kleure.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Ek wou nog altyd 'n regte Aspoestertjie balrok he, maar met my kort lengte het ek heeltemal verdwyn. Ek was teleurgesteld, maar toe ek hierdie rok aanpas, het ek soos Aspoestertjie gevoel. In hierdie rok met sy gedeeltelike oop rug en mooi borduurwerk aan die voorkant het ek soos 'n moderne Aspoestertjie gevoel. En dan natuurlik ook die mooi Smaraggroen kleur wat 'n treffer was.

Datum van matriekafskeid?

2024-09-21

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media