Chané Kok

Hoërskool Garsfontein

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My rok is ontwerp deur Gerrit Pienaar van Claris.
Ons het lank bespiegel oor die kleur van my rok en het besluit dat swart en rose gold my hare en gelaatstrekke die beste gaan komplimenteer.
Die rok bestaan uit 'n styfpassende bostuk met motiewe en vere wat hier en daar deursigtig is om 'n elegante beeld te skep. Die een skouer is oop wat die lyne van die rok beklemtoon.

Die slit word ook afgesluit met motiewe en vere wat herhaal en by die bostuk aanpas.
Die styfpassende, lang rok het my lengte gekomplimenteer. Die onderstuk is swart materiaal met rose gold sequince, wat deur die weerkaatsing van die lig baie beweging aan die rok verleen.

Ek kon my persoonlikheid ten volle uitleef in die rok en het baie spesiaal gevoel.

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media