Chané Engels

Hoërskool Zwartkop

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ons skool se tema was n Oomblik in tyd. My bynaam vir my vriend is "Beast" en het dus besluit om soos "beauty and the beast" te gaan. Ek het die ware betekenis van skoonheid verstaan, dat dit nie net die stilering van klere is of hoe mens aan die buite kant lyk nie, maar wat in die diepte van jou hartkamers aangaan. Ek het dus besluit om goud aan te trek, want ek glo dat ek n hart van goud het. Die goue steentjies wys dat ons môre helderder moet skyn as wat ons vandag gedoen het. Gee jou alles en lewe voluit!

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoërskool Zwartkop

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Die sprokie verhaal van "Beauty and the Beast". Ons almal wil soos n prinses lyk, maar die realiteit is dat ons lewe soms soos n roosblaar is wat verlep. Soms is ons herinneringe sprokies mooi, maar net soos in die storie kan ons herinneringe in n oogwink verdwyn en ons kan nooit weer die kosbare tyd terug kry nie.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Die deursigtige oopstuk voor en die goue blink steentjies. Dit is n teken dat n mens altyd deursigtig en opreg moet wees en dat ons elke dag ons lig moet laat skyn en n hart van goud moet hê. Elke persoon is uniek op sy eie manier. Soms skyn een helderder as ander, maar saam maak ons n sprokie mooi wêreld.

Datum van matriekafskeid?

2024-09-28

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media