Chamoné Grobler

Hoërskool Monument

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Die afgelope vyf jaar was gevul met geleenthede, teleurstellings, sukses, herinneringe en groei.

Daar was geen twyfel vir my oor die styl, lengte en kleur van my matriekafskeidrok nie. My rokontwerp deur Shené van der Vyver, weerspieël nie die persoon wie ek was nie, maar die persoon wie en nou is.

My wynrooi rok komplimenteer my unieke persoonlikheid en individualiteit. Ek is passievol, eerlik, kreatief en opgewonde oor wat die toekoms vir my inhou en daarom voel ek my rok beeld hierdie eienskappe duidelik uit.

My rok is uniek; eenvoudig, maar treffend en het my toegelaat om met gemak my aand ten volle te geniet.

Die fotograaf, Alicia Odendaal, het elke opwindende oomblik van die dag vasgevang en het verseker dat ek die mooiste herinneringe van my spesiale dag en rok het.

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media