My rok is versier met skitterende pêrels en fyn detailwerk wat met die hand gewerk is. Dit het ’n gevoel van luuksheid en glans gee.
Die moue bestaan uit groot strikke wat bydra tot die romantiese, gesofistikeerde voorkoms.
Wat dit uniek maak, is dat die rok transformeerbaar is – beide die sleep en moue kan afgehaal word, wat die rok in ’n geheel nuwe styl omskep.Die deursigtige onderkant, wat jou bene subtiel wys, het dit n moderne gevoel gebring.
Skool se matriekafskeid bygewoon?
C&N Sekondêre Meisieskool Oranje
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Ek wou n WOW , TYDLOSE en n UNIEKE rok gehad het. Die inspirasie vir my rok kom uit n foto wat ek gesien het , maar wou my eie “ sparkle “ daarby voeg. Ek wou n rok ontwerp wat my laat voel soos n Met Gala model op die rooitapyt ! Gerhardt Schebe Creations het my visie gesien en my droom waar gemaak.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
My gunsteling deel van die rok is beslis die veelsydigheid van my rok ! Die 3 in 1 rok het my die geleentheid gegee om my liefde vir mode te wys. Ek het ook baie van my strikmoue gehou ,want dit beskryf my persoonlikheid die beste. Dit het my beslis selfvertroue gegee om myself te wees.