Ek het die cottagecore styl gekies, want ek hou van die vloeiende lyne wat saam met die korset bodeel gaan.
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Ja - Hoërskool Louis Trichardt
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Ek wou graag hê my ma moet my rok maak en ons het geweet ons gaan die foto's in die bos neem. Ons het dit goed gedink om dit soos 'n bosnimf styl te laat lyk. Die groen blare en takke op die rok simboliseer die bos en my liefde vir die natuur. Die pers blomme sy-lint gemaak wat die delikate blomme in die natuur verteenwoordig. Daar is baie ure se handborduurwerk ingesit wat dit baie meer spesiaal gemaak het vir my.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
Ek het baie gehou van die vloeiende moue met hulle baie detail op. Dit was vir my die hoogtepunt van die rok.