Casey Robertson

Hoërskool Waterkloof

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ek was oorspronklik baie onseker oor hoe my matriekafskeidrok sou lyk, maar min het ek geweet dat ek my droomrok sou ontdek in die Ateljee van Charis deur Gerrit Pienaar. Ek was nog altyd mal oor elke rok wat hy ontwerp het en dit was vir my 'n groot voorreg om die rok te kon dra.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoërskool Waterkloof

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

My inspirasie was beslis Karabo Lawal, een van my vriendinne van laerskool, wat tans 'n model en titelwenner van verskeie kompetisies is, wat al die rok gedra het vir 'n fotosessie. Sy het beeldskoon gelyk en die rok was asemrowend. Die prentjie van die rok het heeltyd in my agterkop vasgesteek al was ek effens skepties oor sy wow faktor en dat dit te oorbodig sou wees vir 'n matriekafskeid. Dit was egter baie belangrik dat ek die rok sou dra. Ek het dit gaan aanpas en dadelik geweet dat dit die rok van my sprokiesverhaal is.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My gunsteling deel van die rok was maar eintlik alles, veral dat dit twee in een was. Ek kon die lang romp los maak en 'n pragtige mini rok was regoor versier en ek was veral mal oor die asimmetriese neklyn. Bowenal was die kleur van die rok vir my amper die heel mooiste, aangesien dit my blou oë baie laat uitstaan het en baie uniek was. My rok het bestaan uit 'n palet van seeskuim blou kleur en 'n asimmetriese neklyn. Die twee in een rok het bestaan uit 'n lang sleep met 'n dun diamant rand en 'n kort skemerkelkierok wat agter gebly het as jy die romp los gemaak het. My romp het uit die verskeie blou kleure bestaan wat in mekaar gevloei het met 'n spleet aan die een kant. Die mini rok was regoor bedek met patrone van perels en blinkers en het bymekaar gekom met 'n eenvoudige opryg korset.

Datum van matriekafskeid?

2024-09-19

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media