Carolien Rossouw
Hoërskool Paarl Gimnasium



Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
My persoonlike modestyl is modern maar tog ook eenvoudig en klassiek. Ek is nie een vir blinkertjies en valletjies en “over the top” rokke nie. Ek het duisende rokke en foto’s op Pintrest en Instagram deurgekyk en uiteindelik op ‘n kombinasie van ‘n paar rokke besluit. Mercia du Toit van Rawsonville is ‘n ongelooflike rokmaker en saam het ons op hierdie ontwerp en ligblou kleur besluit. Die scuba crepe materiaal was perfek vir die snit.