Carmen Taylor

Helpmekaar Kollege

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ek het besluit op ‘n silk, korset rok gekies met geen slit en punte wat opwaarts beweeg. Niemand praat van die balans wat gehandhaaf moet word tussen voorbereiding vir die groot dag en studietyd vir Rekord; Eindeksamen en regdeur dit steeds te probeer geniet en inneem nie. Ek was nou nie so gelukkig om daardie balans te handhaaf nie en het dus my rok en die res tot die laaste minuut gelos…’n maand voor die tyd om spesifiek te wees. Gelukkig het ek ‘n ontwerper gevind wat presies my visie raakgesien het en sy het my verseker dat sy die taak sal kan uitvoer.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Helpmekaar Kollege

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek wou graag vir n klassieke “look” gaan en n “old money” vibe. Burgundy is sulke unieke kleur en dit het my kompleksie beter gepas as enige van die ander rok kleure wat ek aangepas het. Die rok was perfek vir my gemaak omdat daar n korset onder die zip was wat ek kon aanpas tot my eie wense. Ek het net rondgekyk op Pinterest en toe sien ek my inspirasie vir die rok.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My gunstelling deel van my rok is die “tand” punte wat opwaarts wys. Dit voltooi, vir my, die korset goed en gee die rok n sterk en unike definisie. Die tande, middel en heupe met n sagte einde op die vloer.

Datum van matriekafskeid?

2024-10-05

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media