Carlene Hattingh
AHMP



Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Toe ek die eerste keer die vreemde rok in die hoek gesien het, het ek gedink dat ek nooit so ‘n rok sal dra nie. Na baie oortuiging het ek die rok aangepas en ek het net geweet. Ek het soos ‘n prinses gevoel en wou glad nie die rok uit trek nie. My droom rok is toe die vreemde rok met die baie blomme wat al die kleure van die reënboog is.