Carla Smit



Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Carla het haar rok laat maak, by wonderlike tannie Hymne van Elizabeth Designs in Reebok. Gedeeltes van die rok was geinspireer deur n prentjie wat sy al vir die afgelope jaar op haar foon bewaar. Ons het hier en daar aan die styl verander, sodat dit by Carla pas. Die sjampanje kleur en pereltjie-lap wat sy gekies het, pas perfek by haar persoonlikheid. Die sjampanje/goue kleur simboliseer Carla se goue hart vir mense, en haar lojaliteit is kosbaar soos die pêreltjies op haar rok. Dit was weliswaar nie die maklikste lap om mee te werk nie, maar tannie Hymne het wondere verrig. Sy was so opgewonde oor haar rok en het met elke pas, soos n klein dogtertjie in haar rok “ge-twirl”. Dit was wonderlik om my klein dogtertjie te sien transformeer in hierdie pragtige, innerlike sterk vrou. Sy het haar matriekafskeid ongelooflik baie geniet!