Carla Maree
Eunice High School
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
My matriekafskeidrok is 'n treffende midi-afskouer-ontwerp wat 'n gesofistikeerde spleet aan die agterkant het. Die ingewikkelde detail van swart strass klippe wat bedagsaam handgeplaas is, voeg glans en elegansie by die ontwerp van die rok. Klassieke wit en die swart aksente maak die rok n tydlose en opvallend kombinasie en skep n pragtige kontras.
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Eunice High School
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
My inspirasie het ontstaan een middag toe ek deur n Chanel koffietafelboek blaai. Die eenvoud en suiwerheid van wit en kontras van swart het dadelik my aandag getrek en met behulp van my ontwerper Casper Bosman wie dadelik n gevoel en entoesiasme vir my idee gehad het kon my visie verwesenlik word.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
My gunstelling deel van my matriekafskeid rok is die tydloosheid van die ontwerp en kleurkeuse wat tot gevolg het dat ek in die toekoms met ander bybehore my rok kan dra en n hele nuwe styl en voorkoms kan skep.
Datum van matriekafskeid?
2024-09-21