Carike Grundlingh
Hoërskool Rustenburg
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Die kleur van my rok was van die begin af ononderhandelbaar - wit. Ek is mal oor neutrale kleure en wat is meer neutraal as wit ? Die groot moue was dit waar rondom my idees gedans het, want dit was die eerste stukkie kuns wat ek sonder twyfel gewéét het ek wil deel maak van die ontwerp. Die steentjies op die materiaal gee ń bietjie karakter en die pêrels rondom die neklyn ń sagte elegansie. Willem Terblanche Couture het my rok totaal bemeester.
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Hoërskool Rustenburg
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Ek is nog altyd iemand wat myself uitdruk deur dit wat ek aan het. Ek kon daarom nie dink om wie ek is op ń beter manier uit te druk as deur my matriekafskeidrok nie.Ek wou iets opvallends doen, iets ongewoon maar steeds elegant en tydloos. Die wit, die pêrels, die moue dit alles is wie ek is en my rok was net ń tasbare weergawe van my persoonlikheid.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
My gunsteling deel van die hele proses was toe ek die finale produk vir die eerste keer aangetrek het. Ek dink dit is meeste meisies se hoogtepunt, maar dit was net voordat ek my foto’s moes neem en die manier hoe die rok my omvou het en laat voel het, het my verstand te bowe gegaan. Ek het voor die spieël gestaan met ń nuut gevonde selfvertroue (en ń baie groot glimlag).
Datum van matriekafskeid?
2024-09-19