Cari Taljaard
C & N Meisieskool Oranje



Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
My groot droom vir my matriekafskeidrok was dat dit my persoonlikheid weerspieel.
Ek het 'n borrelende, opgewekte, besige persoonlikheid. Ek is baie lief vir gesels en is altyd besig met iets.
Die materiaal wat ek gekies het is presies hoe my persoonlikheid is, kleurvol en prettig.
Ek het so gemaklik en tuis in my rok gevoel. Dit het perfek gepas en was baie gemaklik. My hare en grimering het ek redelik eenvoudig gehou, omdat die materiaal van my rok so besig is.
Die matriekafskeid was alles waaroor ek nog altyd gedroom het, 'n ongelooflike lekker aand.