Cara Tintinger

Futurum Akademie

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Die sprokies rok waarvan elke dogtertjie droom is presies die gevoel wat ek gehad het toe ek my rok sien lewendig word vanaf die ontwerp tot die eind produk🤍Ek wou nog altyd gehad het my rok moet my storie vertel en moet uniek aan my wees en my persoonlikheid uitbeeld!
Ek het lank gedroom oor my rok maar daar was ‘n verassing aan my rok waarvan ek nie geweet het nie.
Met my laaste passing het my ma en my ontwerper (die beste en amazing Anel Botha) die sterre en die voëls laat borduur en dit staan as bewys van 2 beloftes in die bybel wat hulle oor my lewe spreek. My rok verwys na moeilike tye en hoe ek deur dit gekom het.
Hierdie rok is nie net nog ‘n rok nie dit is my rok,my storie en die beloftes wat aan my gemaak is en ek kannie wag om dit met julle te deel nie.

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media