Cara Smook
C&N Oranje Meisieskool
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Ek hou daarvan om anders te lyk en risiko's te neem. Elizmari Heathcote van EL Heathcote Designerwear verstaan my styl en dat my rok 'n aaneenlopende projek was! Ons het nog my rok verander 'n paar dae voor die matriekafskeid! Ek hou van my geboortevlek op my rug en wou dit graag wys. Die strik maak 'n stelling en laat my dink aan my ma en tannies se aandrokke van die 80's!
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Ja
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
My inspirasie was beslis die rooi tapyt. Ek wou voel soos 'n 'celebrity' by 'n glansaand en dit was presies hoe ek gevoel het in my rok.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
My gunsteling deel van my matriekafskeidrok was die oop rug en aksent-strik. Ek was ook verlief op die kleur wat nie bloedrooi was nie, maar 'n rooi met 'n pienk ondertoon wat by my vel gepas het.
Datum van matriekafskeid?
2024-09-19