Omdat ek onseker was oor hoe my rok moes lyk, het ek ‘n paar mooi idees bymekaar gesit om vir my ‘n gemaklike, stylvolle & unieke rok te laat maak by ‘n liewe tannie.
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Juis die feit dat ek glad nie geweet het hóé my rok moes lyk nie, het veroorsaak dat alle ander style my geinspireer het tot dié eindproduk. Ek was so tevrede en gelukkig met my rok.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
Ek het altyd gedink dat ‘n nousluitende rok my unieke styl is, maar toe ek die romp aangetrek het, gestap en een keer gedraai het, was dit die gunsteling deel van my rok.