Candice Kruger

Helpmekaar Kollege

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ek het my rok ontwerp met inspirasie van my ma af. Sy is mal oor swart, en omdat sy so baie vir my doen wou ek haar graag betrek het by hierdie geleentheid. Die materiaal van die rok is soortgelyk aan die materiaal van my ma se trourok en die tiepe snit het ek gekies omdat ek vreeslik van dit gehou het, van die begin af. Die langer sleep agter het die rok net meer dramaties en elegant laat voorkom, maar ek het besluit om ‘n toutjie op die punt by te voeg wat om my arm hang sodat ek darem nog myself kan geniet op die dansvloer. My rok het ook sakke, want hoekom nie? ‘n “Girl” het altyd sakke nodig, al is dit vir lip ice of ‘n foon. Die “corset” gedeelte van die rok het ek op besluit, omdat dit baie in die mode is. In kort was my rok donker en dramaties, maar steeds elegant in ‘n semi “casual” manier.

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media